Israel onttrek sy soldate uit Jenin

Israeliese magte het begin om uit die Jenin-vlugtelingkamp in die besette Wesoewer te onttrek om daarmee een van hulle grootste militêre operasies te beëindig. Twaalf Palestyne is dood en meer as 100 beseer in die operasie. Israel sê die doel was om militêre infrastruktuur en wapens in die vlugtelingkamp te vernietig. Drie tieners, twee seuns van 17 en een van 16, is onder dié wat dood is. Amerika sê Israel het die reg om sy mense teen terroristegroepe te verdedig, maar vra dat burgerlikes beskerm word.