Israel herroep sy SA-ambassadeur
Israel het sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, teruggeroep. Die besluit kom te midde van ʼn gespanne verhouding met Suid-Afrika wie se senior regeringsamptenare Israel se militêre optrede in Gaza as volksmoord beskryf en die saak na die Internasionale Strafhof verwys het. Die ANC sê hy sal ʼn parlementêre mosie ondersteun, dat die Israelse ambassade in die land tydelik gesluit word. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê soos hy besluit het om diplomate terug te roep, is dit Israel se soewereine reg om dieselfde te doen.