ISIS-k sal gereed wees om VSA in ‘n jaar aan te val

Die Amerikaanse adjunk-verdedigingsminister, Colin Kahl, sê ISIS-K in Afghanistan kan binne ses tot 12 maande al in staat wees om terroriste-aanvalle teen Amerika van stapel te stuur, met Al Qaeda binne een tot twee jaar. Amerika het in Augustus sy oorlog van twee dekades teen Afghanistan beëindig. Kahl sê die probleem met Al Qaeda in Afghanistan is meer ingewikkeld weens sy bande met die Taliban. Hy sê Amerika sal voortgaan om teen bedreigings te waak met intelligensie-operasies wat bedreigings deur groepe soos Al Qaeda en die Islamitiese Staat sal identifiseer.