All Blacks sal taktiese spel teen Wallis benut

Die hulp-afrigter van die All Blacks, John Plumtree, sê hulle sal takties slim moet speel en hul geleenthede gebruik in die naweek se kragmeting teen Wallis in Cardiff. Dit is ondanks die feit dat Wallis sonder die dienste van Dan Biggar, Louis Rees-Zammit en Taulupe Faletau moet klaarkom. Plumtree sê die twee toetse teen die Springbokke in die Rugbykampioenskap wat uitstekend vir die span, veral die fisiese aspek van die spel. Hy voeg by spelers verstaan hulle kan waarskynlik dieselfde van ‘n sterk Walliese span verwag.