ISIS-bedreiging groei in SA, op vasteland

Die bedreiging van die Islamitiese Staat-ekstremistiese groep groei in Suid-Afrika en op die Afrika-vasteland. Dit is volgens veiligheidskenners in die buurland in die nadraai van die aankondiging deur Amerikaanse owerhede dat vier Durban-gebaseerde sakepersone met beweerde bande met die Islamitiese Staat van Irak en Sirië by die VSA se sanksielys bygevoeg is. Die Amerikaners het ook Nufael Akbar, Yunus Mohamad Akbar, Mohamad Akbar en Umar Akbar by lys gevoeg. Volgens die VSA is die Akbar-broers senior lede van ‘n ISIS-sel in Durban gelei deur Farhad Hoomer, wat in Maart deur die VSA gesanksioneer is. Nufael Akbar word as ‘n sentrale bevelvoerder beskou, terwyl sy broer Yunus as ‘n handhawer en logistieke koördineerder funksioneer. Hoomer, die vermeende leier, het egter ontken dat hy ‘n ‘terroris’ is en sê hy sal regstappe teen die FBI en die CIA neem omdat hulle hom en sy gesin geteister het.