VSA: Demokrate vat die Senaat

In die Amerikaanse tussenverkiesing is die uitslae vir die Huis van Verteenwoordigers op 204 vir die Demokrate en 211 vir die Republikeine, met 218 wat nodig is vir ‘n meederheid. Die Demokrate het beheer oor die Senaat behou met 50 setels wat reeds ingepalm is teenoor die 49 van die Demokrate. Dit kom na Nevada se uitslae waar Catherine Cortez-Masto die Republikein Adam Laxalt gewen het. Die Demokrate het ‘n 51-setel meerderheid omdat hulle die vise-president Kamala Harris se stem het in die Senaat. Georgia sal op 6 Desember vir hulle senaat-kandidaat stem maar, die uitslag in daardie verkiesings is nou weliswaar onbelangrik.