Nampol se Zambezi-operasie lewer groot sukses

Verskeie mense is in hegtenis geneem vir onwettige grensoorgang en ‘n aantal items is tydens ‘n polisie-operasie in die Zambezi-streek gekonfiskeer. Kommissaris Andreas Shilelo, Zambezi-streekbevelvoerder, sê ‘n 33-jarige man is aangekla na hy gevang is toe hy na Zambië probeer oorsteek het met bokse onverklaarde alkohol. Sy voertuig is geskut en hy is met 50 000 Namibiese dollar beboet. Items wat by die Roads Construction-maatskappy gestel is, is gevind en ’n 45-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sommige items in haar woning gevind is. Drie ander verdagtes, Zambiese burgers, is ook in hegtenis geneem vir diefstal van metaalitems wat vermoedelik vir herwinningsdoeleindes gesteel is. Die operasie, wat aanvanklik onwettige immigrante geteiken het, het tot dusver 128 Zambiese burgers en 16 Angolese burgers in hegtenis geneem en gedeporteer. Die polisie sê ook hy sal die operasie gedurende die feestyd verleng om misdaad in die streek hok te slaan.