Is swak Namibiese eksamenuitslae ook ouers se skuld?

Die debat oor die swak Namibiese eksamenuitslae vir 2022 wil nie gaan lê nie. Namibiërs bevraagteken hulself oor wat weer verkeerd gegaan het en waarom leerders so swak gevaar het. Op sosiale media gaan gesprekke voort en sommige mense wys vingers na ouers se gebrek aan belangstelling in hul kinders se opvoeding. Kosmos 94.1 Nuus het die strate ingevaar om uit te vind hoe ander oor die saak voel…