Amnestie Internasionaal vra Ronaldo moet menseregte-kwessies in Saoedi-Arabië takel

Sokker: Amnestie Internasionaal vra die Portugese superster Cristiano Ronaldo om hom uit te spreek oor menseregte-kwessies in Saoedi-Arabië. Dit volg nadat hy ’n driejaar-kontrak met die plaaslike klub Al Nassr gesluit het, ter waarde van 3,6-miljard-rand per jaar. Die organisasie bestempel die kontrak as deel van ‘n wyer patroon van sportwassery, met verwysing na die Midde-Oosterse land se geskiedenis van menseregte-skendings. Amnestie se woordvoerder vir die streek, Dana Ahmed, sê Ronaldo moet ook sy aansienlike openbare platform gebruik om die aandag te vestig op voortgesette teregstellings in Saoedi-Arabië.