Britse ooreenkoms met Rwanda sal in plek bly

Al is Brittanje onder die leierskap van ‘n nuwe premier, blyk dit dat die vlugteling-ooreenkoms met Rwanda in plek sal bly. ‘n Paar maande gelede het die nuwe Britse premier, Rishi Sunak en sy kortstondige voorganger, Liz Truss, tydens ‘n televisiedebat terwyl albei vir die Tory-leierskap veldtogte gevoer het, oor een ding ooreengekom – om meer Rwanda-tipe ooreenkomste te bespoedig om asielsoekers uit die Verenigde Koninkryk te verwyder. Daar word verwag dat die ooreenkoms, wat uiters omstrede is, in plek sal bly. Sunak is ook op rekord dat beheer weer oor die Britse landsgrense teruggeneem moet word.