Is dit koebaai vir Bibi?

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, kan sy pos ná 12 jaar kwyt wees ná opposisiepartye ‘n ooreenkoms bereik het om ‘n nuwe regering saam te stel. Agt faksies het ‘n koalisie gevorm en die hoof van die regsgesinde Yamina-party, Naftali Bennett, sal by Netanyahu oorneem voor hy die leisels aan die leier van die sentristiese Yesh Atid, Yair Lapid, oorhandig. Lapid het President Reuven Rivlin reeds oor die besluit ingelig. Daar word berig dat die koalisie eers deur ‘n stemming in die parlement goedgekeur word voor die nuwe regering ingehuldig kan word.