Weermag sal gesondheid bystaan – minister

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die weermag sal die ministerie van gesondheid bystaan. Dit kom na die aandkondiging deur die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van gesondheid Ben Nangombe dat hulle bystand van die weermag se medici en fasiliteite aangevra het. Kapofi sê sy uitvoerende direkteur het moontlik reeds die versoek ontvang.