Befoeterde olifant sorg vir ‘vermaak’

‘n Werknemer van ‘n gasmaatskappy in Mpumalanga het sosiale media aan die gons na ‘n video versprei is van hom wat met ‘n befoeterde olifant te doen kry. Norman Nukeri het deur die Klaseri-reservaat na die Kruger-wildtuin gery om diesel af te lewer. Die volgende oomblik het ‘n bul hom bestorm en sy bakkie verskeie kere aan die enjinkap opgelig. Die olifant het teruggekom, nadat hy vir ‘n rukkie in die bosse verdwyn het, maar dit het Nukeri ‘n kans gegee om sy werkgewer te bel om hom te kom haal. Die skade aan die bakkie beloop derduisende dollar.