Iran-teregstelling het Britse regering warm onder die kraag

Iran het ‘n Brits-Iraanse burger wat eens as sy adjunkminister van verdediging gedien het, vandag tereggestel. Brittanje, wat die saak teen Alireza Akbari as polities gemotiveerd verklaar het, het die teregstelling veroordeel en sê dit sal nie onbetwis bly nie. Eerste minister Rishi Sunak het dit as ‘n gevoellose en lafhartige daad deur ‘n barbaarse regime met geen respek vir die regte van sy eie mense nie, beskryf. Akbari is ter dood veroordeel op aanklagte van ‘korrupsie op aarde’ en uitgebreide optrede teen die land se interne en eksterne veiligheid deur spioenasie vir die Britse regering se intelligensiediens.