Iran stel maatsoektoep bekend

Iran het die Hamdan-maatsoektoep bekendgestel wat daarop gemik is om mense te help om makliker ‘n huweliksmaat te vind, berig internasionale media. Die egskeidingsyfer in Iran is besig om toe te neem, terwyl die geboortesyfer daal. Dis die enigste wettige maatsoek-toep in dié land.