SA gaan dalk brandstoftekorte ervaar

Die DA sê Suid-Afrika staan op die rand van brandstoftekorte nadat Suid-Afrika se grootste brandstofraffinadery sy bedrywighede weens die oproerigheid gestaak het. Sapref lewer 30 persent van die brandstof en dit, tesame met Astron-, Enref- en PetroSA-raffinaderye wat reeds gesluit is, beteken dit daar is slegs twee raffinaderye in werking en hulle lewer minder as 30 persent van die normale brandstofproduksie in Suid-Afrika. DA-lid, Kevin Mileham, sê hierdie sal die reeds kritieke brandstofsituasie beïnvloed, veral in die binnelandse provinsies.