Richelieu Eagles behaal 163 lopies teen Sri Lanka in T20 Wêreldbeker

Die Richelieu Eagles is vanoggend tydens die amptelike openingswedstryd van die IKR T20 Wêreldbeker in Geelong in Australië deur Sri Lanka ingestuur om eerste te kolf. Die Namibiese krieketspan het 163 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken.