Iran erken hy het hommeltuie aan Rusland verskaf, maar voor oorlog

Iran het die eerste keer erken hy het hommeltuie aan Moskou verskaf, maar bygevoeg dit is gestuur voor die oorlog met die Oekraïne. Rusland het hommeltuie gebruik om kragstasies en ander burgerlike infrastruktuur in die Oekraïne te teiken. Hossein Amirabdollahian, minister van buitelandse sake van Iran, sê hulle het ‘n paar maande voor die Russiese inval op 24 Februarie in die Oekraïne, ‘n klein hoeveelheid hommeltuie aan Rusland verskaf. Hy ontken dat Teheran steeds hommeltuie aan Rusland verskaf.