Rugby: Iere steeds bo-aan Wêreldranglys

Rugby: Ierland het die Springbokke wéér geklop. Die telling in Dublin was 19-16, nadat die rustydtelling ses-elk was. Franco Mostert en Kurt-Lee Arendse het die besoekers se drieë aangeteken. Met dié oorwinning het Ierland sy tien jaar onoorwonne status in tuiswedstryde teen die Bokke behou. Hulle is steeds bo-aan die Wêreldranglys, terwyl die Springbokke tot die vierde plek teruggesak het. Die Suid-Afrikaners kom Saterdag teen Frankryk in Marseille te staan.