DA het steeds vrae oor skrapping van e-tolstelsel

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se nuuskonferensie oor hoe die skrapping van die e-tolstelsel toegepas gaan word, laat te veel onbeantwoorde vrae. Fred Nel van die DA sê dit beteken e-tol is vir eers hier om te bly. Nel voeg by die vraag oor hoe die provinsiale regering bykomende inkomste gaan skep om sy 30 persent aandeel in e-tolskuld te betaal, hang steeds in die lug.