IPPR prys burgerlike samewerkingsorganisasies

Die Instituut Openbare Beleidsnavorsing se direkteur, Graham Hopwood sê Namibiërs, veral politici en staatsamptenare moet burgerlike samelewingsorganisasies ernstig opneem. Hy sê die werk wat hulle doen maak positiewe bydraes tot die ontwikkeling van die land in verskeie sektore soos menseregte. Hy het hierdie opmerkings in Windhoek gemaak tydens die bekendstelling van ‘n program van die Europese Unie om deelnemende demokrasie in Namibië te bevorder.