Olifante stap stad toe

Vyftien olifante, waaronder drie kalfies, stap in die rigting van die Chinese stad Kunming. Hulle het sowat 500 kilometer afgelê en is waarskynlik op soek na kos, berig internasionale media. Die regering het padblokkades en kos gebruik in ‘n poging om hulle van koers te laat verander.