Mwilima: Botswana boelie Namibië

Botswana se voortgesette boelietaktieke teen Namibiërs en die regering, kan nie so gelos word nie. Só sê die wetskrywer van die Popular Democratic Movement Geoffrey Mwilima oor die 30 Namibiërs wat al op die grense tussen die twee lande dood is. Namibië het ook grond in die laat negentigs verloor, insluitend Kasikili-eiland. Mwilima het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Botswana moet die waarheid oor die belange van hierdie eilande vertel.