IPPR: Protesoptogte teken van demokrasie

Namibië sien al hoe meer protesoptogte oor ‘n verskeidenheid van kwessies. As Namibiërs nie eis vir beter beskerming van vroue en kinders, is daar politieke of geslagsgegronde protesoptogte. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Direkteur van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood gevra of sosiale aktivisme ‘n goeie ding vir die land is. Hy meen dit is ‘n positiewe teken van ‘n ontwikkelende demokrasie.