Elf SA gholfspelers in PGA-kampioenskap

Altesaam 11 Suid-Afrikaners sal dit in die PGA-kampioenskap op Kiawah-eiland se Ocean Course uitspook. Garrick Higgo maak sy debuut op die Major-kampioenskap kort op die hakke van sy Europese toer oorwinnings tydens die Gran Canaria Lopesan Ope en die Kanariese Eiland Kampioenskap. Dean Burmester maak ook sy PGA-kampioenskap debuut kort nadat hy vandeesmaand sy tweede Europese toer-titel in die Tenerife Ope met vyf houe gewen het. Louis Oosthuizen, wat op nommer 31 die hoogste op die wêreldranglys is, sal die Suid-Afrikaners lei.