Covid-slagoffer het twee variante gehad

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n 90-jarige Belgiese vrou wat in Maart vanjaar dood is aan Covid, was met twee variante terselfdertyd besmet. Die bevindings is by ‘n wetenskaplike kongres, die Europese Kongres vir Kliniese Mikrobiologie en Aansteeklike Siektes, bekend gemaak. Dit is die eerste geval waar ‘n persoon besmet was met twee variante van Covid.