IPL het 11 Suid-Afrikaners, skop vandag af

Die 15de weergawe van die winsgewende Indiese Premierliga skop vandag in Wankhede af wanneer die verdedigende kampioen, die Chennai Super Kings, die Kolkata Knight Riders die stryd aansê. Elf Suid-Afrikaners is deel van die verskeie spanne, met die voormalige Protea-kaptein Faf du Plessis wat toevertrou is met die kapteinskap van die Royal Challengers Bangalore. Die ander Proteas is Dwaine Pretorius, David Miller, Quinton de Kock, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi, Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada, Marco Jansen en Aiden Markram. Dewald Brevis, met die bynaam Baby AB, maak sy debuut vir die Mumbai Indians.