Rusland sê 1 351 soldate dood in Oos-Europa

Die Russiese leër het sy verliese in Oekraïne tot 1 351 soldate opdateer. Senior militêre beamptes het vir die eerste keer in weke by ‘n inligtingsessie in Moskou nuwe inligting oor Russe wat gesneuwel  het, gegee. Net meer as 3 800 soldate is gewond. Internasionale nuusagentskappe haal ‘n senior amptenaar van die weermag, Mikhail Mizintsef, aan wat sê meer as 400 000 burgerlikes is na Rusland ontruim. Onder hulle is meer as 88 000 kinders en 9 000 buitelanders. Mizintsef het die verskaffing van wapens aan Kiëf deur die Weste veroordeel.