IPC spreek voordele, S&T by Stad Windhoek aan

Die Independent Patriots for Change-party het vanoggend ‘n perskonferensie oor partyaangeleenthede in die Khomas-streek gehou. Verskeie kwessies is aangespreek, ook sy kandidate vir Stad Windhoek. Die party se streeksvoorsitter Fritz Kaufmann sê die party spreek hom ten sterkste uit oor reis en verblyf toelae en ander voordele by Stad Windhoek.