Eskom wat wou… Zim het 19 ure beurtkrag daagliks!

Zimbabwiërs word daagliks aan 19 ure se kragonderbrekings onderwerp omdat daar nie genoeg water in die Kariba-dam is om die land se hoof hidroëlektriese-skema aan te dryf nie. Die ergste onderbrekings sedert 2019 saai verwoesting, veral in die verkeer, en onderbreek selfoondienste omdat batterye wat gebruik word om basisstasies aan te dryf nie tyd het om te herlaai nie. Supermarkte, restaurante en sommige ander besighede maak staat op kragopwekkers om aan te hou werk, maar hulle is nie in staat om dit vir ‘n lang tydperk voortdurend te bedryf nie. Kariba genereer byna die helfte van die land se kragbehoeftes. Die vlak van bruikbare water in Kariba, ook deur beide Zambië en Zimbabwe gebruik word, het op 28 November op 4,1 persent gestaan. Zimbabwe het reeds sy watertoewysing van Kariba opgebruik.