O&L Groep wil Russies-Oekraïnse oorlog se impak op Namibië versag

Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne is buite Namibië se beheer. Alhoewel die oorlog ver van Namibië geveg word, beïnvloed dit die pryse van olie en ander items wat ons van die twee lande kry. Die prysstyging in sulke kommoditeite noop plaaslike verskaffers van items soos voedsel om ook ‘n verhoging op sekere of die meeste items op die rakke te plaas. Die uitvoerende voorsitter van die O&L Groep, Sven Thieme, bespreek met Kosmos 94.1 Nuus hoe hulle die situasie hanteer in ‘n poging om Namibiërs ‘n dollar of twee te spaar