IPC ‘los’ die probleme by Whk-raad op

Die Independent Patriots for Change-party se Windhoek-raadslede is nie meer beperk nie. Dit volg na ‘n vergadering wat die lede gehou het. Volgens Imms Nashinge, die party se woordvoerder sê die beperking was nodig en nou word daar van die raadslede verwag om diens aan die inwoners van die hoofstad te lewer.