Egpaar se tweeling dogters sal ook burgerskap kry

Die regsverteenwoordiger van die Lühl-Delgado-egpaar Uno Katjipuka het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die tweeling dogters van die egpaar ook Namibiese burgerskap sal ontvang omdat hulle ook, soos Yona, deur middel van ‘n surrogaat gebore is aan Lühl, wat ‘n Namibiese burger is, en Delgado. Katjipuka sê die hof se beslissing dat Yona wel burgerskap moet kry, is goeie nuus vir alle gay egpare in Namibië wat kinders het.