IPC-leier hou regstreekse vergadering op Facebook

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula, gaan vanmiddag om halfses ‘n regstreekse uitsending op die party se Facebook-blad hou. Volgens die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black, gaan Itula se gesprek verrassings oplewer. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die party se visie oor die 2025-verkiesing gaan ook bespreek word.