Clover-staking gaan voort in SA

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die vakbond hou vandag ‘n vergadering om ‘n aksieplan uit te stippel vir die uitbreiding van die Clover-staking. Vavi sê dit is onaanvaarbaar dat Clover-werknemers ‘n verlaging van 20 persent in hulle salarisse in die gesig staar. Hy sê Milco SA het die voorwaardes wat deur die Mededingingskommissie bepaal is, verontagsaam en dat voortdurende afleggings ‘n verbreking van werknemers se diensvoorwaardes is.

Die handelsminister Ebrahim Patel, sê sy departement ondersoek die saak.