Eskom-werknemers geskors oor ontploffing by Medupi

Eskom sê ‘n aantal werknemers is voorkomend geskors ná die ontploffing gisteraand by eenheid 4 van die Medupi-kragstasie in Limpopo. Die ontploffing het plaasgevind toe werkers waterstof en koolstofdioksied gebruik het tydens ‘n proses om ‘n lekplek te vind. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die ontploffing het groot skade aan die eenheid aangerig. Hy sê ‘n ondersoek na die voorval het reeds begin.