Inwoners word gevra om Windhoek skoon te hou

Inwoners van Windhoek word gemaan om hul gebiede in die hoofstad skoon te hou. Ná die reënseisoen staan die gras hoog. Dit kan ‘n gevaar vir inwoners inhou met slange en siektes, asook ‘n potensiële risiko vir misdadigers wat in die gras skuil. Die Woordvoerder van Stad Windhoek Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus om ’n plek skoon te hou is nie net vir beter higiëne nie, maar ook om ander gevare te vermy.