Al Jazeera reageer skerp op Israelse aanval op hulle kantore in Gaza

Die uitsaaier Al Jazeera doen ‘n beroep op alle media- en menseregte-instellings om Israel se bomaanvalle op joernaliste en media-instellings te veroordeel. Dit volg nadat die Israeliese weermag Al Jazeera se kantore in Gaza vernietig het. Die Israeliese weermag het inwoners en huurders in die al-Jalaa-gebou, waar Associated Press en die Middle East Eye se kantore ook is, telefonies in kennis gestel dat hulle minder as een uur tyd het om die gebou te ontruim. Al Jazeera benadruk dat joernalistiek nie ‘n misdaad is nie. Die woordvoerder van die Israelse weermag luitenant-kolonel Jonathan Conricus het met die media gepraat oor die geweld.