Ace se kanse op sukses met sy hoofsaak teen die ANC maar skraal volgens politieke kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Ralph Mathekga betwyfel die geskorste ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, se kanse op sukses met sy hofsaak teen die party en sy president, Cyril Ramaphosa. Magashule het Vrydag die Hooggeregshof in Johannesburg versoek om die ANC se opsystaanreël onwettig, ongrondwetlik en ongeldig te verklaar. Mathekga sê die voormalige premier van die Vrystaat koop maar net tyd.