Inwoners van Melbourne geruk deur grootste aardbewing

Inwoners van Melbourne in Australië is gewaarsku dat naskokke moontlik vanoggend kan voorkom nadat die stad oornag deur sy grootste aardbewing in 120 jaar getref is. Geoscience Australia sê die aardbewing van 3,8 het drie kilometer diep onder die voorstad Sunbury plaasgevind. Geen ernstige skade of beserings is aangemeld nie. Die Buro vir Meteorologie sê was geen bedreiging van ‘n tsunami vir die Australiese vasteland, eilande of gebiede as gevolg van hierdie aardbewing nie.