Beurtkrag die week op fase 4 of 5

Eskom sal hierdie week fase vier en vyf beurtkrag toepas nadat nog gebreekte eenhede kapasiteitsbeperkings veroorsaak het. Fase vier-beurtkrag het vanoggend begin en sal tot vier-uur vanmiddag duur, waarna fase vyf tot 5-uur môreoggend ingestel sal word. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Menzi Mngomezulu van Eskom sê die afgelope 24-uur is ’n opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Camden-, Kendal- en Palmiet-kragstasies weer in diens geneem.