Inwoners van Lwayaha-nedersetting betoog 

Inwoners van die Lwayaha-informele nedersetting in Katima Mulilo is in opstand in oor die Katima Mulilo-dorpsraad se besluit om hul huise te sloop. Lede van die Namibiese polisie is ingeroep om orde te handhaaf. Die gemeenskap het erwe in die Nova-nedersetting gekry nadat die grond waarop hulle gewoon het, in 2019 aan die Green Valley-ontwikkeling verkoop is vir die bou van ‘n multi-miljoen dollar residensiële en kleinhandel-area. Sommige inwoners het egter beweer dat hulle sonder enige vergoeding verskuif word om hul lewens by Nova te herbou en het geweier om te trek. Jackson Kunatela, ‘n lid van Zambezi Lives Matters, praat met Kosmos 94.1 Nuus.