Kongolese vrou drie jaar tronk toe oor migrante-smokkelary 

Die 53-jarige Kongolese vrou, Abigail Bashala, wat skuldig bevind is op drie klagte van migrante-smokkelary, is vandag deur regter Dinah Usiko in die Windhoekse hoërhof tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Bashala is op die drie klagte onderskeidelik drie jaar tronkstraf opgelê, maar twee van die drie klagte sal samelopend met die ander een uitgedien word en sal sy daarom slegs drie jaar uitdien.