Air Namibia-vlieëniers wag ook nog steeds op hul geld

Terwyl Air Namibia-likwidateurs sukkel om kopers te vind vir die ontbinde nasionale lugdiens se oorblywende bates meer as ‘n jaar nadat dit misluk het, gaan die Namibiese Lugdiens Vlieëniersvereniging voort om hul regsverteenwoordigers te betrek in ‘n poging om te kry wat aan hul lede verskuldig is, ingevolge hul skeidingspakkette wat nog uitstaande is. Die president van die Namibiese Lugdiens Vlieëniersvereniging, Manuel Prenzlow het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle vandag ‘n vergadering met hul prokureurs gehou het oor die pad vorentoe…