Onluste: dis nie my skuld nie sê Dlodlo

Die voormalige Suid-Afrikaanse minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, sê daar was nooit ‘n gebrek aan veiligheidsinligting oor die Julie-onrus nie, en sy het haar bes gedoen om dit te keer. Sy sê haar departement het die polisie van genoeg inligting voorsien voordat die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Die minister van polisie, Bheki Cele, ontken dit. Volgens hom het hy nooit enige intelligensie-dokumente wat teen die onrus waarsku, gesien nie. Meer as 300 mense is in die onrus dood.