Internasionale resessie sal wesenlike impak op Namibië hê

Die Internasionale Monetêre Fonds het weer globale groeivoorspellings afwaarts aangepas waarsku dat die risiko’s van hoë inflasie en die Oekraïne-oorlog besig is om te realiseer en die wêreldekonomie tot op die rand van ‘n resessie kan bring. Wêreldwye reële BBP-groei sal volgens die fonds in 2022 tot 3,2 persent verlangsaam vanaf ‘n voorspelling van 3,6 persent wat in April uitgereik is. Daar sal ‘n impak op Namibië wees, soos die plaaslike ekonoom Salomo Hei verduidelik.