Venaani sê SA onrus gaan erge impak op Namibië hê

Namibiërs voeg hul stem by die voortgaande politieke onstabiliteit in Suid-Afrika. Dit volg na die onrus en plundery ná oudpresident Jacob Zuma in hegtenis geneem is. Namibië kry sowat 70 persent van ons voedselitems en mediese voorrade van Suid-Afrika, sê die PDM-leier, McHenry Venaani. Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan talle impakte op Namibië hê. Hy plaas ook die skuld op Suid-Afrika se bevrydingsbeweging uMkhonto we Sizwe.

Venaani het ook gesê Namibië as ‘n land moet midde die onrus voorbereid wees om voedselitems, vitamiene en medisyne teen die Covid-pandemie in hul huise te kry.