Internasionale Arbeidsorganisasie besoek Namibië

Hoëvlak verteenwoordigers van die Internasionale Arbeids-organisasie het uit Genève, Switserland, in Namibië aangekom vir ‘n besoek tot Vrydag. Namibië se gereedheid en kapasiteit om deel te neem aan die Verenigde Nasies se Global Accelerator on Jobs and Social Protection for Just Transitions as ‘n Pathfinder-land sal geëvalueer word. Die Global Accelerator Initiative het ten doel om lidlande van die VN te help om die oplossings vir probleme soos hoë werkloosheid, veral onder die jeug te bereik, en onder andere onvoldoende maatskaplike beskerming te versnel. Kosmos 94.1 Nuus het met Jeremia Namalenga, die skakelbeampte van die Namibiese arbeidsminsiterie, gepraat.