Hooggeregshof stel OB se verslag oor Mashaba tersyde

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die hooggeregshof in Pretoria het hom vrygespreek met sy beslissing om die Openbare Beskermer se verslag oor die tyd toe hy die Johannesburgse burgemeester was, tersyde te stel. Die geskorste openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind Mashaba het onbehoorlike politieke invloed uitgeoefen deur die verkrygings-ruimte onwettig te betree en in te meng met ‘n toelae. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die hooggeregshof het saamgestem dit is onwaar.