ACC: Drie in hof oor bedrog by gesondheidsministerie

Die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië het bevestig ‘n werknemer by die gesondheidsministerie en twee ander het op aanklagte van bedrog en korrupsie in die hof verskyn. Victor Sekelo, ‘n voormalige drywer by die gesondheidsministerie, Morvens Silawa, die beheer-administratiewe beampte, en sakeman Stanley Griffiths, die eienaar VehiCare Fleet Maintenance Solution Cc, het in die Windhoekse landdroshof verskyn. Hulle is borgtog van 10 000 Namibiese dollar elk toegestaan. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle betaling van meer as 300 000 Namibiese dollar ontvang het sonder dat enige dienste gelewer is van ‘n voertuig wat omgebou moes word. Hul saak is tot 18 April uitgestel vir verdere ondersoek.